PADI ONDERWATERFOTOGRAFIE SPESIALITEITSKURSUS KAAPSTAD – INLEIDING

Een van die beste dele van skubaduik is om die herinneringe van jou ongelooflike onderwateravonture vas te kan vang. Dit is hierdie beeldskone onderwaterfoto’s wat baie mense in die eerste plek aantrek na skubaduik toe.

Of jy aan jouself dink as ‘n ontwikkelende onderwater-skubaduikfotograaf en of jy net ‘n spesiale visuele dokumentasie wil hê van jou onderwateravonture, is dit die Onderwaterfotografie Spesialiteitskursus wat die verskil maak tussen ‘n vinnige, dowwe kiekie en ‘n waarlik professionele foto!

Om mooi foto’s met gemak te neem is wat foto’s sal skep wat al jou vriende sal wil hê, en dit maak ook uitstekende aandenkings van jou beste duike.

Vinnige oorsig van die PADI Onderwaterfotografie Spesialiteitskursus in Kaapstad 

  • Jy moet jou PADI Oopwaterskubaduik-sertifikasie hê

  • Duur: 2 skubaduike (minimum 1 dag)

  • Minimum ouderdom: 10 jaar

  • Dit is ‘n tweeledige kursus

    Vlak 1:

    In die swembad of in waters wat begrens is sal jy leer van die toerusting, hoe om jou onderwaterkamera en sy kassie voor te berei, en hoe om omgewingsvriendelike foto’s te neem.

    Vlak 2:

    Jy leer oor formate, resolusieverstellings en fotoverstelling (“editing”).

  • Bring jou swemklere, sonbrandroom, handdoek en ‘n versnappering

PADI onderwaterfotografie spesialiteitskursusstruktuur

Ons kom in die oggende by die Into the Blue-winkel in Kaapstad bymekaar as ons sentrale beginpunt. Hier doen ons registrasie, teorie en ons kry jou skubatoerusting bymekaar. Ontmoetingstye is gewoonlik om 09:15 in die oggend. Jy kan verwag om tussen 15:00 en 18:00 in die middag klaar te wees, afhangende van waar ons op die dag duik. Jou skubakursus sluit beide teoretiese en praktiese aspekte in en bestaan uit die volgende:

Teorie

Lees van die PADI Digitale Onderwaterfotografie-handleiding, en voltooi en hersien die kennisbesprekings.

Die volgende is deel van jou teorie:

  • Vlak Een:
    • Digitale Revolusie
    • Digitale Kameras
    • Onderwaterkamera-sisteme
    • Onderwaterfotografie
    • Basiese Onderwaterskiet (van foto’s)
    • PADI SEA-Metode
    • Na die duik
  • Vlak Twee:
    • Oorsig van werksvloei
    • Foto’s aflaai
    • Om foto’s in ander plekke ook te stoor (“backup”)
    • Prosessering van foto’s
    • Deel van foto’s

Prakties

  • Vlak Een:
    • Inkom- en uitgaantegnieke
    • Basiese tegnieke van onderwaterfotografie
  • Vlak Twee:
    • Haal kamera uitmekaar en bou dit weer
    • Oefen van kontras, kleure, ligblootstelling, komposisie
    • Demonstreer PADI SEA-metode

PADI onderwaterfotografie spesialiteitskursus - gereelde vrae

1. Voorsien julle ‘n kamera of moet ons ons eie hê?

Ons voorsien kameras om te huur, tog is dit lekkerder as jy jou eie het, want dan leer jy hoe om met jou eie kamera se verstellings te werk.

2. Kan ons ons eie foto’s hou?

Vir seker! Ons sit graag al jou foto’s vir jou op ‘n geheuestokkie (“memory stick”).

3. Hoe gevorderd is hierdie kursus?

Hierdie skubakursus behandel die beginsels van onderwaterfotografie – soos witbalans, fokus, beraming, en basiese redigering (“editing”). As jy ‘n professionele fotograaf is, sal jy reeds meeste van alles wat ons jou met hierdie kursus gaan leer weet – net die onderwater-gedeelte van die kursus sal vir jou nuut wees.

Wat het ander gesê oor in die blou Duik Sentrum?

Maria N

Great people and awesome diving!
Into the blue scuba dive center has an amazing group of people working there. They make every dive a fun experience, even if the conditions aren't great. They are very professional and I can recommend them to both newbies as well as experienced divers.

I have been back in Cape Town several times over the past 2 years and I always return to Into the blue when I dive.

Both instructors and DM's make you feel very welcome and have a great service. They help you with anything, just ask!

I can only say "thank you from the bottom of my heart!" These guys have made my trips incredible and unforgettable!

Clinton Bobbert

I recommend anyone that is nervous or thinking twice to do scuba diving, it is the best choice you can…

I grew up on the sea, always wondered how it must be into the deep blue sea. Then one day me and my wife decided to do an attempt to do scuba diving and I was quite nervous about going under water but thanks to the Into the blue crew and their patience and determination me and my wife found a new hobby and looking forward to go around the world and scuba dive all around the world. So from me and my wife we want to thank Cape Town, South Africa, Into the blue, for what we have experienced and thank you for opening a new world to us! I recommend anyone that is nervous or thinking twice to do scuba diving, it is the best choice you can ever make!

Marlise Jordaan

Super friendly staff. Would def recommend using this place