Studeer na skool om ‘N professionele skubaduik-instrukteur te wees as ‘N alternatief vir universiteit, technikon of kollege!

Hou jy daarvan om te na eksotiese bestemmings te reis, en is jy mal oor skubaduik? Ons bied vir jou ‘n alternatief vir die tradisionele beroepe waarvoor jy by ‘n Universiteit, Technikon of Kollege sal studeer. Maak die strand jou kantoor en hê die beroep wat vele ander sal beny.

Ons Loopbaanontwikkeling Skubaduik-kursus is met iemand soos jy in gedagte ontwerp, en dit bied die perfekte platform vir ‘n lewe van avontuur. Kry die beste avontuur wat daar is in tersiêre opleiding. Hierdie PADI-geakkrediteerde kursus word wêreldwyd erken en is perfek vir enigiemand wat belang stel daarin om ‘n loopbaan in reis en toerisme met skubaduik te kombineer. Dit behels ‘n ses-maande voltydse interskap wat jou van “zero tot hero” vat en omvattende skubaduik-opleiding bied.

Nadat jy hierdie tersiêre studies suksevol voltooi het, sal jy al die sertifikasies ontvang wat jy nodig het om ‘n PADI Skubaduik-instrukteur te wees. Hierdie kursus berei jou voor om feitlik in enige skubaduik-winkel in die wêreld te werk.

Vinnige oorsig van die PADI Loopbaanontwikkeling Skubaduik-kurses (LOK) in Kaapstad

Met die Loopbaanontwikkelingskursus leer jy al die vaardighede om self ‘n skubaduikwinkel-operateur te word

  • Leer al die skubaduik-kursusse
  • Leer al die eerstehulp- en reddingsvaardighede wat jy gaan nodig hê
  • Leer hoe om ‘n skubaduik-winkel te bestuur
  • Leer hoe om jou winkel te bevorder en te bemark
  • Doen ‘n ses-maande internskap by Into the Blue in Kaapstad

PADI LOOPBAANONTWIKKELING SKUBADUIK-KURSUS STRUKTUUR

Ons spesiaal-ontwerpte loopbaanontwikkelingskursus bestaan uit die volgende:

Duikkursusse

  • PADI Oopwaterduiker-kursus
  • PADI Gevorderde Oopwaterduiker-kursus
  • PADI Reddingsduikerkursus
  • PADI Duikmeesterkursus
  • PADI Instrukteurskursus
  • Ander Duikverwante Kursusse
  • Emergency First Response (Eerstehulpkursus)
  • Emergency First Response Instrukteur
  • PADI O2 Administrateur
  • CMAS Kompressoroperateurslisensie


 Jy word ook in die volgende areas opgelei:

  • Kennis & Diens van Toerusting
  • Bestuur van ‘n Duikwinkel
  • Verkope
  • Bemarking
  • Publieke Verhoudings
  • Duikcharters & Strandbeheer
  • Om jouself te verkoop in die skubaduik-bedryf
  • Ses-maande internskap by ‘n PADI-Sentrum in Kaapstad

 

Met voltooiing trap deelnemers in by die duikbedryf as ‘n internasionaal-gekwalifiseerde PADI Skuba-instrukteur, en kan in enige van 176 lande wêreldwyd werk.

PADI LOOPBAANONTWIKKELING SKUBADUIK-KURSUS – GEREELDE VRAE

1. HOEKOM MOET EK PADI KIES?

PADI (“Professional Association of Diving Instructors”) is die wêreldwye instansie wat die duikkursusse sertifiseer wat jy geleer sal word by Into the Blue Skubaduik-Sentrum in Kaapstad.

Deur te kies om ‘n PADI-kursus te doen is jy verseker van ‘n baie deeglike en goed-beplande kursus. PADI behou die pret in duik, terwyl hulle terselftertyd streng veilige skubaduik-praktyke leer. Die kwaliteit van PADI-kursusse en standaarde het hulle laat uitstyg tot die voorste ontspanningsduik-instansie ter wêreld.

Ongeveer 82% van alle ontspannings-skubaduikers doen tans hulle duike deur PADI – wat beteken dat PADI-Instrukteurs regtig die wydste ontspanningsduik-loopbaangeleenthede beskikbaar het waarookal jy heen gaan!

2. HOEKOM KAAPSTAD?

In die afgelope paar jaar het die Kaap ontpop tot in een van die gewildste toeriste-bestemmings in die wêreld. Die stad gons van lewe en avontuur soos geen ander stad in Suid-Afrika nie.

Om in Kaapstad se waters te leer skubaduik sal jou ‘n voorsprong gee oor instrukteurs wat in meer tropiese waters opgelei is. Met duike in Kaapstad se waters ervaar mens partykeer toestande wat meer vaardighede neem as tropiese waters – Kaapstad se water is kouer, het partykeer slegte sigbaarheid, sterk winde, strome en hoë deinings. Jy kry briljante dae vir duik in Kaapstad, en dan kry jy ook dae waar dit nie so maklik is om te duik nie. Om in hierdie toestande te leer om ‘n PADI-instrukteur te wees sal jou hoog in aanvraag stel. Wêreldwye instrukteurs wat van Kaapstad en die VK af kom is hooggesog, want hier leer mens om by verskillende duiktoestande aan te pas.

Omdat Kaapstad tussen die kouer Atlantiese en die warmer Indiese Oseaan lê, het haar waters ‘n seelewe wat baie uniek is. Sedert die 1500’s is dit bereken dat ongeveer 800 skepe al rondom die Kaapse Skiereiland gesink het – wat sorg vir wonderlike wrakduike!

Om akkommodasie in Kaapstad te kry is relatief maklik en dit is ‘n wonderlike plek om in te woon!

3. HOEKOM MOET EK MY INTERNSKAP BY INTO THE BLUE SKUBADUIK-SENTRUM DOEN?

Ons is trots daarop om die beste PADI-Instrukteurs by Into the Blue op te lei. Ons kandidate is bekend daarvoor dat hulle die beste presteer in die Instrukteurseksamen, want hulle word goed voorberei. Ons het ook ons eie in-huis IDK-Personeelinstrukteur, wat beteken dat ons spesiale insig het in hoe om ten beste voor te berei vir jou loopbaan as ‘n instrukteur.

Verder het ons ook ‘n uitstekende atmosfeer en werksetiek by Into the Blue. Kandidate is gewoonlik hartseer wanneer hulle tydperk by ons verby is en hulle het al hulle loopbaanontwikkelingskursus as “die beste tyd van hulle lewens” beskryf.

4. IS DIT HARDE WERK?

Om te duik is groot pret, maar jy moet weet dat dit harde werk is om in ‘n duikwinkel te werk. As iemand wat ‘n internskap doen, sal jy onder begin in die professionele duikwêreld en jy sal jouself van daar af boontoe werk. Die bestuur van ‘n duikwinkel behels baie dinge wat nie onmiddelik sigbaar is nie – dinge soos die was van toerusting na ‘n duik, om die sentrum skoon te hou, bemarking, die verkoop van toerusting (waarvoor jy die toerusting goed moet ken), en om ‘n algemene nutsman te wees.

Die idee agter die internskap is dat jy elke area van ‘n duiksentrum leer ken – van onder tot bo. Gesels met ons sodat ons kan sien hoe ons ons skedules bymekaar kan laat aanpas.

5. HOEKOM WIL EK ‘N SKUBADUIK-INSTRUKTEUR WORD?

Maak ‘n afspraak om ons te ontmoet en ons geriewe te sien! Ons sal graag met jou gesels oor die kursus, en ook oor die deure wat dit in die toekoms vir jou kan oopmaak.

 

Wat het ander gesê oor in die blou Duik Sentrum?

Francios V

I booked my Padi Open Water course through Into the Blue and was impressed from start to finish...

Easy booking, friendly service and great location. Staff make you feel right at home from the word go, but are professional and always make you feel safe. Small groups helped to get to know people and make new friends from across the globe. Will be back shortly for fun dives and more courses.

Clinton Bobbert

I recommend anyone that is nervous or thinking twice to do scuba diving, it is the best choice you can…

I grew up on the sea, always wondered how it must be into the deep blue sea. Then one day me and my wife decided to do an attempt to do scuba diving and I was quite nervous about going under water but thanks to the Into the blue crew and their patience and determination me and my wife found a new hobby and looking forward to go around the world and scuba dive all around the world. So from me and my wife we want to thank Cape Town, South Africa, Into the blue, for what we have experienced and thank you for opening a new world to us! I recommend anyone that is nervous or thinking twice to do scuba diving, it is the best choice you can ever make!

Julien van Zyl

I've been doing a scuba course with these guys, and am very impressed...

with the level of personal attention and professionalism. The staff are all warm, friendly and patient. I would highly recommend Into the Blue.