PADI skubaduik kursus vir reddingsduikers kaapstad - inleiding

Die PADI Reddingsduiker-kursus is ‘n keerpunt in enige duiker se opleiding, en word gereeld deur duikers aangedui as die kursus wat hulle die meeste geniet het. Dit is waar jy leer om verby jouself te kyk en op probleemvoorkoming en probleembestuur te fokus in duikscenarios. Hierdie kursus is ook ‘n stap in die rigting om ‘n meer onafhanklike duiker te word.

Dit is vir baie skubaduikers belangrik om ‘n vriend teenwoordig te hê wat reeds die reddingsduiker-kursus gedoen het. Alhoewel skubaduik ‘n veilige aktiwiteit volgens statistieke is, is dit altyd bemoedigend om te weet dat daar iemand in jou duikgeselskap is wat die nodige reddingsvaardighede het in die geval van ‘n noodgeval.

Hierdie kursus is veeleisend en die konteks is ernstig, maar jy kan verseker wees van baie pret!

Vinnige oorsig van die PADI skubaduikkursus vir reddingsduikers in Kaapstad

  • Duur: 2 dae
  • 1 dag teorie en swembadsessie
  • 1 dag teorie en seeduik
  • Bring jou swemklere, sonbrandroom, handdoek en ‘n versnappering

PADI reddingsduiker-kursus struktuur

Skedule

Die kursus strek oor ‘n tydperk van twee dae, wat opgedeel kan word of opeenvolgend gedoen kan word. Ons kom by die Into the Blue Duiksentrum bymekaar om 09:15 in die oggend en hier doen ons dan die registrasie en teorie. Klasse behoort teen 16:00 klaar te wees op albei dae.

Teorie

Die teorie bestaan uit die volgende:

  • ‘n DVD wat gekyk moet word. Ons kyk hierdie DVD gewoonlik in die klaskamer, maar as jy gedruk is vir tyd, reël so met ons en ons sal die DVD vir jou leen om voor die kursus by die huis te kyk.
  • ‘n Teoriehandboek wat huiswerk in het wat gedoen moet word.
  • ‘n Eksamen word geskryf oor die handboek.
  • Die teorie kan via “e-learning” ook gedoen word. Om te registreer vir “e-learning”, kliek asseblief hier.

Prakties

Die prakties het twee afsonderlike fases:

Fase 1: In hierdie fase leer ons jou die verskillende reddingstegnieke en –vaardigehde in die swembad.

Fase 2: In hierdie fase kry jy die geleentheid om jou hierdie vaardighede toe te pas en te oefen in die see.

Kursusskedule

Dag 1: Teorie en swembadsessies

Ons begin deur die PADI Reddingsduiker DVD te kyk. Hierdie DVD verduidelik in diepte die verskillende tegnieke wat in verskillende scenarios gebruik word. Nadat ons die DVD gekyk het, gaan ons na die swembad op ons perseël, waar ‘n PADI-Instrukteur jou al die verskillende reddingstegnieke leer. Vir die res van die dag oefen en verfyn ons jou vaardighede.

Dag 2: Teorie en see-sessies

Ons begin in die oggend deur hersiening te doen van jou teorie. Van daar gaan ons see toe, waar ‘n PADI-Instrukteur jou sal leer om jou reddingsvaardighede in die oop water toe te pas en te gebruik.

PADI reddingsduiker - gereelde vrae

1. Hoekom sal ek ‘n Reddingskursus wil doen?

As ‘n Reddingsduiker sal jy beter toegerus wees om stressimptome te herken in ‘n ander duiker of vriend, wat jou kan help om probleme te voorkom. Dit gee mens gemoedsrus om te weet dat jou vriend ‘n Reddingsduiker is, want dit beteken dat jou vriend beter na jou sal kan omsien indien enigiets met jou gebeur.

2. Wat moet ek saambring vir hierdie kursus?

Jy moet die volgende saambring wanneer jy hierdie duikkursus doen:

  • ‘n Handdoek
  • Swemklere
  • Sonbrandroom
  • ‘n Versnappering
  • Jou PADI teoriemateriaal

3. Watter swembad gaan ons gebruik vir die opleiding?

Ons gebruik die swembad op ons perseël hier in Seepunt.

4. Watter kursus is volgende?

Meester Skubaduiker! Hierdie is die hoogste nie-professionele gadering in duik. Om meer uit te vind oor hierdie kursus, kliek hier.


 

 

Wat het ander gesê oor in die blou Duik Sentrum?

ceepee315

Incredible - I am so happy I chose this dive company...

to go with for our 2 dives in Cape Town, it was unforgettable.

We got picked up from our hotel on time, (thank you) and we took a small boat out to the dive site. Very bumpy but high winds made for rough seas. The first dive to the wreck was great, COLD but great visibility. Break for a small snack and water, then second dive with the seals an hour later. It was incredible to say the least, and run by professionals. I took many videos and photos, but from most experiences, you need to put the camera down and just ENJOY IT. So exhausted but so happy. The crew were amazing and hard workers, I can't say enough good things. Thank you for a great experience and unforgettable memories!!

Amy Musto

Had the best diving experience with Into the Blue, first...

dive was a ship wreck followed by doing yoga moves with the seals. Would highly recommend diving with these guys, very professional and fun! I sadly lost my go pro whilst diving with the seals but I'll always have the memories!

Chad Faurie

Always good to dive with...

people who are professional and know what they are doing