PADI INSTRUKTEURSONTWIKKELING SKUBADUIK-KURSUS KAAPSTAD (IOK) – INLEIDING

 

Neem die stappie op van PADI Duikmeester en word ‘n PADI Skubaduik-Instrukteur! Om tot by hierdie vlak te vorder maak baie nuwe deure vir jou oop en jy kan nou mense leer hoe om te duik. As ‘n PADI Duikinstrukteur sal jy vind dat daar meer aanstellingsgeleenthede is en dat daar ‘n toename in die salarisse is soos jy jou kwalifikasie verbeter.

By Into the Blue in Kaapstad gebruik ons net die beste PADI Kursusdirekteure om jou Instrukteurskursus aan te bied.

Die PADI Instrukteursontwikkeling-kursus in jou finale stappie op die pad om ‘n PADI Oopwater Skuba-instrukteur te word. Met hierdie program leer deelnemers om die PADI sisteem van duikeropleiding suksesvol te gebruik en aan te pas, en dit word ondersteun deur ‘n wye verskeidenheid PADI onderwysmateriaal om by individuele studentebehoeftes te pas en sukses en genot te verseker. As ‘n PADI Oopwater Skubaduik-instrukteur sal jy ‘n wye verskeidenheid PADI-kursusse kan aanbied, van PADI Ontdek Skubaduik tot by PADI Duikmeester.

Vinnige oorsig van die Duikinstrukteur-ontwikkeling Skubaduikkursus in Kaapstad

IOK (Instrukteursontwikkelings-kursus) – 9 dae

  • EFRI & IOK Kombinasie – 11 dae
  • IE (Instrukteurseksamen) – 2 dae
  • Aangebied by Into the Blue Skubaduik-sentrum, of by ‘n vyfster-konferensiesentrum in Kaapstad
  • Dae begin om 08:00 en hou tot laat aan
  • Aangebied deur ‘n PADI Kursusdirekteur
  • Minimum ouderdom: 18 jaar
  • Aangetekende duike benodig: 100
  • Jou IOK sal die teorie agter duik en lering breedvoerig dek, en ook praktiese lesse in die swembad en in die see oor hoe om studente te leer om te duik

PADI INSTRukteursontwikkeling skubaduik-kursus struktuur

Die IOK word oor ‘n tydperk van elf dae aangebied by ons perseël in Kaapstad. Dit vind voor die IE (Instrukteurseksamen) plaas. Kandidate moet hulself voorberei om soveel moontlik voor die tyd te doen, want daar sal nie baie tyd wees om op teorie te fokus tydens die IOK nie.

Wanneer jou aansoek om jou IOK by ons te doen suksesvol is, sal ‘n gedetaileerde lys vir kandidate gestuur word oor wat voor die IOK gedoen moet word om jou sukses te waarborg.

Vereister teoriemateriaal

Elke instrukteurskandidaat moet die volgende hê:

IOK Bemanningspakket ("Crew pack") wat die volgende in het:

  • PADI se Handleiding oor hoe om skubaduik vir ander te leer (PADI’s Guide to teaching scuba diving)
  • PADI se Spesialiteit Instrukteurhandleiding CD Rom (PADI Specialty Instructor Manual CD Rom)
  • Oopwater en begrensde (confined) waters voorbereidingsantwoordstelle (Open water and confined water preparation slides)
  • Akwatiese Wenkkaarte (Aquatic Cue Cards)
  • “AID” & Reddings wenkkaarte (AID & Rescue Cue Cards – Confined and Open Water)
  • Pro Logboek (Pro Logbook)
  • Wet- & Duikboek (Law & Diving Book)
  • OW, Reddings- en DM-eksamenboekies(OW, Rescue and DM Exam Booklets)
  • Besigheid van Duik, Beste van die Ondersee-joernaal, Kinders & Skuba (Bus. of Diving, Best of UJ & Children & Scuba on CD)
  • Besigheid van Duik DVD (Business of Diving DVD)
  • PADI Instrukteurshandleiding (PADI Instructors Manual)
  • PADI Oopwaterduiker-handleiding (PADI Open Water Diver Manual)
  • Duikavonture Handleiding (Adventures in Diving Manual)
  • PADI Reddingsduiker-handleiding plus bestuursantwoordstelle (PADI Rescue Diver Manual plus management slate)
  • PADI Duikmeester-handleiding (PADI Dive master Manual)
  • RDP-tabel & ERDP ML met boekies om te gebruik (RDP Table & ERDP ML with booklets to use)


Addisionele teoriemateriaal wat benodig word:

Al hierdie materiaal is by die Into the Blue Duiksentrum beskikbaar.

Benodigde Toerustig

  • Vinne, maskers, snorkel en gepaste beskerming teen blootstelling aan die weer
  • Sillinder en gewigsisteem
  • Reguleerder met alternatiewe lugbron en SPG
  • Dieptemeter
  • Tydhou-toestel
  • Kompas en mes/duikersgereedskap
  • Twee noodsein-toestelle

Al die bogenoemde toerusting is te koop of te huur by Into the Blue.

Ander items wat benodig sal word vir die IOK

  • Twee ID-foto’s
  • Opgedateerde mediese ondersoek vir duik (12 maande)
  • Alle nie-PADI kwalifikasiekaarte of –sertifikate
  • Logboek
  • Sakrekenaar

PADI INSTRUkteursontwikkeling skubaduik-kursus - gereelde vrae

1. Wat sal my gradering wees nadat ek die IOK voltooi het?

Jy sal die Oopwater-skubainstrukteur (OWSI) Gradering hê.

2. Watter kursusse kan ek met hierdie gradering aanbied?

Jy kan die volgende kursusse aanbied as ‘n “OWSI”:

3. Hoe lank sal my dae wees met hierdie kursus?

Verwag vol dae – klas begin gewoonlik om 07:00 en hou tot 19:00 aan, of later. Daar sal ook elke aand huiswerk wees.

4. Wie doen die Instrukteurseksamen (IE)?

Die IE word deur ‘n PADI Eksaminator van PADI se keuse gedoen. Kontak ons vir opgedateerde datums van IOK’s en IE’s, en vir enige addisionele inligting.

PADI INSTRUKTEURSONTWIKKELING SKUBADUIK-KURSUS - VOORVEREISTES

a)       ‘n duiker met bewys van sertifikasie in duikertoesig en –bestuur

b)      insluitende bewys van reddingsduik-sertifikasie; 60 aangetekende duike; aangetekende ervaring in nagduik, diepduik en onderwaternavigasie

Wat het ander gesê oor in die blou Duik Sentrum?

Mikko S

Great people! - We went diving a couple of times with...
Into the Blue and had a great time. The crew was really friendly and professional and took care of all everything like driving us to the dive sites and back, washing the diving gear and changing the cylinders and we almost felt bad not having to do anything. Will definitely recommend them to anyone wanting to dive in Cape Town.

Clinton Bobbert

I recommend anyone that is nervous or thinking twice to do scuba diving, it is the best choice you can…

I grew up on the sea, always wondered how it must be into the deep blue sea. Then one day me and my wife decided to do an attempt to do scuba diving and I was quite nervous about going under water but thanks to the Into the blue crew and their patience and determination me and my wife found a new hobby and looking forward to go around the world and scuba dive all around the world. So from me and my wife we want to thank Cape Town, South Africa, Into the blue, for what we have experienced and thank you for opening a new world to us! I recommend anyone that is nervous or thinking twice to do scuba diving, it is the best choice you can ever make!

Martin Jansen van Rensburg

Had a fantastic time doing my PADI Open Water Diving Course...

Josh, Alexis, JP and Robin were really professional and knowledgeable whilst keeping it fun and relaxed.

I would recommend Into the Blue to anybody.